Sarah se Sielsrus
Shopping Basket (0)

About Us

My liefde vir hierdie reis het begin in my tuin.

 

Tussen laventel, roosmaryn en kerrieblare — in die sagte oggendlig en vars plaaslug — het ek vrede gevind. Wat begin het as snoei en versorg, het verander in ontdekking. Ek het begin om essensiële olies te maak, net uit nuuskierigheid… en toe besef ek hoe lief ek daarvoor is om iets met my eie hande te skep.

 

Ek hou van natuurlike dinge. Ek hou van eenvoud. Ek hou van die stilte wat jy net buite, tussen God se skepping, kan hoor. Daar het my produkte begin — nie net as velsorg nie, maar as iets wat rus dra.

 

Elke room, elke olie, elke botteltjie word deur my hand gemaak — hier op ons Plaas Sahara. Dis nie net produkte nie; dis oomblikke van vrede wat ek met ander wil deel.

 

My besigheid is diep persoonlik. Dis gebore uit liefde — vir my dogters, my kleindogters en die vreugde wat hulle in my lewe bring. Met Sarina se geboorte het ’n nuwe vrede in my en Ludwig se hart gekom. Met Nelri s'n nóg meer vreugde. My dogter en beste vriendin, Jana dra ’n spesiale plek in my hart — sy bring sagtheid en liefde waar daar eens verlies was toe ek my mamma op 19 verloor het. Menique my nuwe dogter vir wie ek ook baie lief is en wat net om die draai woon. En dan die twee mans in my lewe wat diep Geanker is in God se genade.

 

Hierdie is meer as ’n handelsnaam. Dis my storie. My genesing. My dankbaarheid.

 

Ek skep omdat dit my siel kalmeer.
Ek skep omdat ek lief is vir God se natuur.
Ek skep omdat ek wil hê ander moet daardie selfde vrede ervaar.

 

Wanneer jy my produkte gebruik, hoop ek jy voel iets meer as net versorging — ek hoop jy voel rus. Sagtheid. En ’n fluistering van God se vrede.

 

Met liefde gemaak. Met vrede gedeel. 
"Oh I love U LORD and I lift my voice"